Gekoppelde bedieninge

Dis ons voorreg om baie nou met spesialis-bedienige te kan saamwerk. Hierdie bedieninge bedien daar waar ander moeilik toegang kry, of waar mense 'n sosiale vooroordeel teenoor sou hÍ.


Mustardseed Ministry
Mustardseed Ministry bedryf 'n geestelike bediening sowel as kos-voedingskemas naby 'n skool in Soshanguve R, waar kinders dikwels hulle enigste skaflike maatyd per week op Woensdagmidag ontvang. Die bediening het al so gegroei dat die kinders ook hulle ouers saambring. Die bediening her treeds gelei tot die stigting van 'n onafhanklike kerk waar mense wat vroeŽr niks met 'n kerk te doen wou hÍ nie, nou aanbid. Die toewyding van hierdie kinders en die hulle ouers is 'n inspirasie vir die span en toon hoe groot ons Pa se seŽn hierop is.

Mustardseed is ook betrokke by 'n pasgestigte gemeente in Mmotla, waar daar groot droogte aan geestelike bediening is. Op dieselfde terrein word ook nou spinasietonnels bedryf wat vir die projek sowel die gemeenskap, 'n gewaardeerde bron van goeie voedsel voorsien.

Dit is ook met vreugde dat berig word dat daar binne twee weke na die behoefte ontstaan het, ook op Stinkwater 'n onafhanklike gemeente ontstaan het. Aan die stuur van hierdie gemeente, staan Grace Moreme, 'n vrou wat geen geheim maak van haar liefde vir haar Skepper nie. Hierdie gemeente word ook dikwels met genoeg kos geseŽn dat daar gereeld 'n koningsmaal bedien word aan Koningskinders.

Mmomogelo: 'n Gemeenskap waar daar 'n groot droogte was aan Geestelike bediening. Afstand het dit ook moeilik gemaak vir die wat graag wil aanbid, maar nie vervoer het nie, om wel by 'n aanbiddingsplek uit te kom. Mmomogelo bedryf nou 'n weeklikse bediening waar na die gemeenskap se Geestelike en maarskaplike behoeftes omgesien word. Dit is duidelik, daar is seŽn op hierdie bediening. 'n Toegewyde span maak seker dat die skape in daardie kraal, goeie sorg ontvang.

Hierdie mense reik ook op Donderdae en Sondae uit na die Baviaanspoort gevangenis. Die sukses van die bediening is duidelik sigbaar en dis met dankbaarheid dat ons kan getuig dat hier besonder seŽn op hierdie been van die werk is.

Op Haakdoringboom is daar ook onlangs begin met 'n bediening onder die hoewe bewoners. Mense wat net soms te ver is van 'n aanbiddingsplek. Ook hulle wat dikwels voel dat hulle nie mooi genoeg klere het om by die formele kerke in te skakel nie. Hier word mense aanvaar net soos hulle is en geleer dat hulle net soveel aanspraak op Jesus Christus se offer en die gevolglike verlossing het.

Maak gerus kontak met Mustardseed Ministry deur 'n epos te stuur na navrae@mustardseedministry.co.za. Jy kan ook vir Andrť skakel by 0829771125 vir meer inligting.
Tritos HŤmera
Hierdie gemeente bied die evangelie op unieke manier aan gesinne sowel as groepe. Op die oomblik word 'n nuutgestigde plakkerkamp in die onmiddelike omgewing ook bedien.. Die seŽn wat daarop is, wys duidelik, want die inwonders daar spontaan by die Sondagoggend dienste op.

Tritos HŤmera is 'n onafhanklike denominasie wat suiwer Woord gee, dit uitleef en vir opreg vir mekaar omgee. Ons misie is Romeine 8:28: "En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is."

Kom besoek ons eredienste op Sondae om 09:00 om die teenwoordigheid van die Here eerstehands te ervaar.

Tritos HŤmera is geleŽ te Commercialstraat 1254, Booysens, Pretoria.

Tritos HŤmera staan onder die leiding van Pastoor Derick Grobler en sy vrou, Emily.

Stuur gerus 'n epos aan tritos.hemera@webplaas.co.za vir meer navrae en om betrokke te raak.
Gaan loer gerus in op www.stof.co.za/info/tritos om meer te wete te kom oor hierdie toegewyde bediening.


Dr Stof se bediening, berading en konsultasie