Waar is
Betlehem?

Betlehem se Oord is geleŽ te Andeon, in die Wes-Moot van Pretoria. Die fisiese adres is

Hoewe 46
Beverleyrylaan
Andeon Landbouhoewes

'n Maklike landmerk is die Zandfontein begraafplaas. As jy van die stad se kant af inkom na die begraafplaas, is Betlehem die eerste hoewe op links na die hoofingang van die begraafplaas op regs.
Beverleyrylaan is 'n verlenging van Sarellaan wat deur Mountain view loop.

'n Ander maklike roete sou wees om vanaf Mayville Mall in Mayville, net Deneyshenlaan te volg en aan te hou tot waar dit doodloop in 'n T aansluiting. Daar draai jy regs, onder deur die brue van die R80, en volg die kronkels wat die pad maak, tot net na die begraafplaas se ingang en draai dan links by die swaaihek wat die ingang tot die Oord is.

Gebruik gerus die bostaande kontakbesonderhede om verder navraag te doen.

Ons hoop om jou spoedig as gas te ontvang. Hier word jy getel