Behoeftes en benodigdhede
Dit is met dank aan ons Hemelse Vader alleen, dat ons kan getuig dat daar dag tot dag, in die daaglike materiŽle behoeftes voorsien word. Dit is die fisiese bronne soos voedsel en klerasie. Daarom vra ons dat elkeen wat geroepe is om ook tot hierdie sake by te dra, gehoor sal gee aan hul roeping. .

Daar is egter belangrike behoeftes skenkers gereeld miskyk. Die kern van die projek is om die Evangelie van Jesus Christus so wyd as moontlik te versprei. Dit word deur straatbediening en bediening in instansies waar andersins moeilik toegang verkry sou word, gedoen. Hierdie aksies word gewoonlik misgekyk in voorsiening. Dan lyk dit dikwels asof die kernroeping van die projek, naamlik evangelisering, met afskeepvoorraad bedryf word. Dikwels is daar by sekere van hierdie geleenthede geen voorsiening vir voedsel by bedienings, of lekkernye vir pasiŽnte nie.

'n Ander saak waar daar nood heers, is vervoer. Omdat die fisese deel van die aksie al die bronne, insluitend as die enigste voertuig so besig hou dat dit moeilik beskikbaar is vir geestelike aksies, moet daar gereeld alternatiewe vervoerreŽlings getref word om die geestelike aksies te laat voortgaan. Dis hartseer dat van die geleenthede selfs soms afgestel word weens hierdie tekort.

Daar is ook 'n groot behoefte aan diesel en verwante voertuig-vloeistowwe, beide vir die trekker en die bakkie. Op die oomblik kom hierdie kostes van een persoon se persoonlike begroting, wat hom onnodig laat swaartrek en dus sy funksionaliteit in die Koninkryk benadeel.

Daar is dus 'n ernstige behoefte aan skenkers wat spesifiek voorsiening maak vir die geestelike werk en dit ook so spesifiseer. Ons kan nie seŽn op die res van die projek verwag as ons nie die kernroeping, naamlik Jesus Christus se evangelie, voorop stel nie.

Verder behoeftes wat misgekyk word is kommunikasie. Daar moet baie gekommunikeer word om hierdie projek suksesvol te bedryf. Dit vereis lugtyd en bandwydte wat op die oomblik deur die individue self probeer dra word. Die aksie ly soms skade omdat daar dikwels nie effektief gekommunikeer kan word nie weens 'n tekort aan lugtyd en bandwydte sowel as bepaalde digitale subskripsies wat nodig is om die komunikasiekanale oop te hou.

Enige leser wat gelei word om vir hierdie sake 'n bydrae te maak, is welkom om kontak te maak. Stuur gerus 'n epos aan arnold@betlehem.org.za.